Bakhand


My hart is 'n half-klaar boek
waar woorde en gedagtes soos lyke
in 'n holocaust-kamp rondlê.

My hart het nie 'n huis nie; 'n swerwer,
wat bakhand bedel vir krummels liefde,
wat jy soms suinig laat rondlê.

Hierdie is 'n bankrothart
wat lankal reeds uitverkoop is
aan jou, my blonde nooi.



 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou