|
|
As
My Hart Sou Struikel
Sal ek ooit die kluis
van my hart vir jou kan wys?
Daar waar ek die gebede oor jou bêre,
in die skemer van my gedagtes se rakke.
In die flikkerende kerslig staan die boeke,
met elke gedagte wat oor jou gedink is;
net ingeval ek eendag wil gaan seker maak,
dat die liefde wat ek vir jou wil gee,
tog iewers in bladsye bewaar word.
In my hart se kluis is daar ook ʼn flessie,
wat hang aan ʼn dun stukkie hoop.
Die etiket: “Breek in geval van nood.”
Die inhoud is met liefde gevul -
‘n enkele sianiedpil.
|