As ek 'n digter was

 

As ek ‘n digter was
sou ek woorde uitdink
om jou hart te wen,
en sinne komponeer dat jy
myne sou ken.

Ek sou druppels gedagtes
met letters meng
en daarmee sonneblomme verf,
dan sou ek die geheim van jou hart kom steel
en dit langs myne op’n boom uitkerf.


 

 

 

 

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou