Agterplaas

 

Daar’s wasgoed op die draad

die hoenders skrop in die as

‘n hond lê eenkant en slaap

in 'n boom se skadujas.

In die agterplaas van vrede

verken ons mekaar se rede.

Uit kamers sonder ruite

wil ek dan somtyds vlug

deur die poort na buite

gaan soek ek na die lig.

In die agterplaas van sonneskyn,

skink ons mekaar die woordewyn.

Jy is my deur na buite

wat my uitdaag om te dink

jy vorm my besluite

as ek jou gedagtes drink.

In die agterplaas neem ek nagmaal,

om genade te vra vir 'n hart wat dwaal.

 

 

© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou