![]() |
|
|
Agterplaas
Daar’s wasgoed op die draad die hoenders skrop in die as ‘n hond lê eenkant en slaap in 'n boom se skadujas.
Uit kamers sonder ruite wil ek dan somtyds vlug deur die poort na buite gaan soek ek na die lig.
Jy is my deur na buite wat my uitdaag om te dink jy vorm my besluite as ek jou gedagtes drink.
|
|
© Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou |
||