|
|
Afrika
Die son sak dof in die
Laeveld se stof,
waar die hadeda vir oulaas benoud skree,
en die vet reëndruppels op my vel ontplof,
terwyl hiënas laggend 'n komplot smee.
Dan staan die laaste durf op in my gees,
om vir Afrika 'n vriend te wees.
Maar helaas, ons het ons hand oorspeel;
'n kontinent in sy siel verdeel.
|