![]() |
| Uys Krige |
|
1. Plaashek
|
|
Plaashek Bloedrooi die alwyn langs die slingerpad. Dis of daar vonke uit elk vuurpyl spat. Maar niks, niks roer nie...net 'n luggie wat skrams aan die ritselende grassate vat. Daarbo die blou, blou lug, daaronder die rivier wat deur die boorde kronkel met 'n groen swier. Niks stoor die yle swewende Bergstilte hier. Na al die jare maak ek weer 'n plaashek oop. Waar het my paaie tog nie geloop Om my hier by 'n hek te bring van al my waan gestroop, maar met my denke helder en in my hart die hoop? Die hek staan in die skad’wee van 'n kremetart. Die stilte in my's volkome met Niks troebels, niks verward. Ek lig die knop...Ek maak 'n hek oop in my hart. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Uys Krige hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |