![]() |
| Theunis Engelbrecht |
|
1. Heimat-vers vir my lovely
|
|
Heimat-vers vir my lovely ek bou vir jou ‘n huisie van sandsteen son en skalie ek plant vir jou ‘n wilgerboom wat wolffluitlange skadu’s maak ek dors vir jou ‘n riviertjie uit die aarde waarin paddas moederlik grom ek plaas vir jou ‘n paar vet kuikens en cuddlesome katjies op die werf ek brei ‘n voetmatjie om te lê voor die riempiestoel wat ek vir jou gevleg het ek vra die wolke om die blou lug plek-plek melkwit af te werk ek gooi die damme vol water sodat ons kinderlik kaal daarin kan baljaar ek versamel stronke vir jou stofie sodat ons koffiewater lekker warm kan stoom ek brei vir jou ‘n matrasveerbedjie waarop ons nagtelank bymekaar kan doeks ek sit sterk vensters in die mure om tokkelossie buite te laat bly dit alles doen ek net vir jou omdat ek vreeslik baie van jou hou (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Theunis Engelbrecht hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |