![]() |
| T.T. Cloete |
|
1. Gomer
|
|
Gomer huise staan stil en wit in die sondagsonlig half bewerig tussen bloekoms waar klanke in sit en vink op die helder herfsnamiddag elke windstreek het sy geluid gillende meisie huilende kind 'n hond wat blaf van oos na noord na wes na suid hoorbaar uremeters rondom en veraf verver en stilstil vat 'n jong man met vonkende speke na sy meisie die geelbruin grondpad soos alle ander naweke mens kan elke ding hoor en sien helder sonderling apart bas oos geel wit swart hulle val uit die windstreke bymekaar ineen bewende huis vonkende fiets meisie wat lag bloekom en vink hond en kind hulle vergaar mekaar in 'n plaasnamidda (terug) Grieke vandag Hulle konings van goddelike geboorte en oorvloed gode self het hulle eeue gelede reeds in die steek gelaat. Goer as sekere soorte lewensmoeë plante of diere het van hulle selfs hele stede uitgesterf. Hulle hemele is tot museums geruïneer vol vase, vol beelde, tot puintempels met altare en allerlei brokke klip en tablette vir geleerdes en mondaine toeriste uit die lande van die barbare. In swart geklee sit verarmde bejaarde vroue in klein tandelose groepies voor die deure, mans met stoppelbaarde sit op die patios, om die oë en mond groefies van die sout see en die harde aarde. Hulle praat en lag min, kyk die toeriste se kamera skugter aan, rook en lees koerant, dink bedaard en verwag die dood rustig en onbevrees en nugter. Dit wat oorbly, berggehuggies bo seë met bote, aarde met weivelde en herders en skape onder die geel sonlig is van 'n voldane blywende waarde en as blote werklikheid heilig eenvoudig. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. T.T. Cloete hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |