S.V. Petersen
1. Kinderland



Kinderland
Sou daar in my wonderwęreld
soms nog kinders kaalvoet klouter
opdraand teen die taaibosrand?

Pluk hulle bessies, skilpadbessies,
donker-rooies, bruines, géles,
nou nog in my kinderland?

Geur dit nog van peperbossies
en renoster- waar die aarde
ooplę teen die hemelrand?

Hoe verleë dool ons dikwels
mymerend deur die verre strate,
Moeg van stad en stadskoerant;

Hunkerend tussen die skare
eenling, eensaam in ons wese,
ver van huis en kinderland!

(terug)