S.J. Pretorius
1. Die Kranksinnige

2. Leeu in die dieretuin



Die Kranksinnige
In hierdie sel
agter die grense
van die vel
en die hoŽ
vensters van die oŽ
is twee mense:
die een is gek,
die ander, ek.

Dis hy wat kerm en gil
maar ek is bang en stil.

In elke klein uur van die nag
veg ek teen hom met minder krag
en as hy wen dan skree hy uit

sy wrok teen God en wÍreld uit.
In hierdie klein vertrek
van vlees en been,
is twee. Die een
is gek,
die ander, Ek.

(terug)


Leeu in die dieretuin
Sy sien die maanhaar op die grou beton,
sy ore stomp, sy lang stert spitsgekwas,
geel flikkerende oŽ in die son,
en wonder of hy soms nie in die gras

waar Pappie Sondag ry graag sou wou speel:
ho wreed om tussen mure ingeperk
te ly...mens voel asof jy hom moet streel
en argloos vat sy aan die traliewerk.

Toe storm hy met donderende gebrul
en gryp die vinger styf van vrees gekrul
en byt deur senings sonder mededoŽ
en skeur die vleis en been totdat die bloed
'n kabbelende stroom word en ver, soet
groen vlaktes opdans voor sy droewe oŽ.

(terug)