Rudolph Willemse
1. Laat berig



Laat berig
ek is Totius Breytenbach

spyker my
teen ‘n wilger vas
ek is ‘n gevaar
vir die heidendom

bewaar my
van duister drang
moederskap
-gedigte

bevry my
van sobotasieverse
dinamietkerse
tronkselle

hou my
(gedigte)
van die ashoop
af

koerante brand maklik

(terug)