![]() |
| Peter Blum |
|
1. Ou Groentesmous
|
|
Ou Groentesmous Die stad word altyd nuut, 'n mens word ouer en word 'n vreemdeling in jou eie wyk wat om jou groei. Terwyl jy staan en kyk word jou huis donkerder, jou straatjie nouer. Jou gasag oor jou kinners word ook flouer: Hulle wat eers skaars jou knieë kon bereik staan netnou hard teenoor jou, en gelyk, en netnou-netnou raas hul bo jou skouer. Ons karretsjies word ook ammel ingehaal: Daa's Abels - hy beef nou op die Laaste Skaal ... en Fransman - hy ry voor 'n stoet sy laaste trippie. Lyk my net Tafelberg bly wat hy was, so't ek hom kan herken. Ja, Mies, hy skop vas teen die wind en die weer. Hy's 'n goeie ou klippie. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Peter Blum hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |