![]() |
| PA Joubert |
|
1. 'n Hand vol Kleingeld
|
|
'n Hand vol Kleingeld Lank het ek geslenter in Die Kaap se son en wind. En my verkyk, verluister, My aan hierdie grond verbind. In die wind gehoor hoe klingel, Die kleingeld van die taal. Die konsonante en die klinkers Van `n ou verhaal. So het ek in die verste Voetpaadjies rondgedwaal, En `n handvol Kaapse kleingeld, In son en wind kom haal. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. PA Joubert hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |