![]() |
| Olga Kirsch |
|
1. Huwelik
|
|
Huwelik ‘n Jaar of wat van angs en fel verrassing, van leer en afleer, lugtige geluk, dan is daar kinders. Die pynlike aanpassing wat diens en arbeid verg, die onderdruk van self, lang dae en nagte sonder rus maak dat hul al hoe meer mekaar beskou as ouers, bondgenote in kommernis en vreugde, maar bysaaklik man en vrou. Skielik is dit ‘n afgemaakte taak. In leë kamers sien hul mekaar weer raak – vergete rykdom. Albei het diep gely, veel prysgegee en baie bygekry. In die stil huis ondek hul weer mekaar soos, in ‘n veraf tuin, die eerste paar. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Olga Kirsch hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |