![]() |
| Merwe Scholtz |
|
1. Ophelia
|
|
Ophelia Veel eerder, laat haar liefies verdrink tussen die watermadeliefies Van later snuffelende huisbesoek van snoek is sagter ledemate salig onbewus Selfs in dié soetste mond ontbreek die tong, is soek die Evasklier- die spier wat kaak en bekken sluit en open weier openlik Weeg ék, weeg jý: nog sagter weeg die krans genaamd vergetelheid: gun hierdie balsem aan ons dogtertjie Ophelia: sy wis van wind nog weer laat waterblommetjie aan haar gebeur. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Merwe Scholtz hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |