![]() |
| M.M. Walters |
|
1. Moses
|
|
Moses Net ‘n ou witkop wat met donker bril wydsbeen oor die woestyn uit staar en wonder watter koers vannag met sy weerbarstige volk weer in te vaar. Tot dusver het dit bars gegaan… niemand wat sy penarie ook verstaan: die manna’s droog, die water’s min, more sal hy weer die klip moet slaan! Die son bak blink, die laer is stil net die leier wat na rigting tas – hy sug en trek die sagte bokriem stywer om sy boepens vas. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. M.M. Walters hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |