![]() |
| Lucas Malan |
|
1. Flater
|
|
Flater 'n Glas val van die tafel af; dit bars in skerwe skerp geslyp met snykant-stukke. Die tulpgevormde glas lê só haar funksie af in een van talle ongelukke. Vee die splinters op, skraap die letsels bymekaar en smyt dit in die asblik in. Gaan raap 'n ander een op. Jammer tog, so iets kom ons almal oor - So is dit. Geen vewyt. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Lucas Malan hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |