![]() |
| Loftus Marais |
|
1. Marais-erfstuk
|
|
Marais-erfstuk die ou geelhouttafel was ons kaartwerk in reliëf die dagbegin in koffiekringe biltongsny se hale ingekerf en saam geërf hier was die vleismeul ingeskroef in hierdie groef en onsigbaar onder alles die droë snot en kougom van die kinders (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Loftus Marais hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |