![]() |
| Lieb Sauermann |
|
1. Die Melk Begin Al Loop
|
|
Die Melk Begin Al Loop Die melk begin al loop. Die ooste begin oopgaan op sy doring stingel. Op die katel, oorblyfsels van vergange jare: 'n hopie beendere en geplooide vel, skrotum-toegevou. Asemhaling traag, bewegings willekeurig, gedagtes onsamehangend ver. Die voete geswel en mat. Die hande frummelend om niks. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Lieb Sauermann hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |