![]() |
| Koos Kombuis |
|
1. barokbekfluitjie in e 2. the rise and fall of the afrikaans empire
|
|
barokbekfluitjie in e my nooi is in 'n nartjie my ouma in 'n fles 'n berggaans het 'n veer laat val en nou's hy semi-bles (terug) the rise and fall of the afrikaans empire "You reached for the secret too soon - You cried to the moon" PINK FLOYD Langs die ou grondpad Het 'n doringboompie gestaan. Ossewaens en Model T's het elke week verby gegaan - Families het later Piekniek gehou in sy skadu, By die water Van die stroom Met hampers en kiste bier. So is die Afrikanervolk gebore; Babalaas en loom, 'n Burp wat eggo Verby dorindraad, blokhuis En die verveelde doringboom. Geen Engelse wa het hom vertrap nie - Hy het homself ingeperk, verdors, verknel, Toe, op 'n dag, Die bouers in hul blikhuisies kom werk Aan 'n nuwe hoofweg; glad en snel Vir môre se toeriste In hulle fur-en-chroom-ses-silinder-doodskiste Vandag weet niemand van die doringboom En slegs 'n skelet Is sigbaar in die nag En, as jy naby genoeg stap Tussen die kliperts en die kriekies Hoor jy nog die gelag van kinders Waar families vleis gebraai het - Die doringboom is dood En gister se geskater Met blikkoppies by die water Is versteen vir 'n nuwe nageslag In muf swart bladsye En geel kiekies. 'n Stukkende stofpad Bak nog agtermiddags in die son Met disselbos en klitsgras geplavei As afgeleefde monument Vir reisigers uit die ou tyd Maar 'n eeu moes end En inkeer op homself, going, going, gone... Stil, herders van die volk, leiers van die warboel-trekkery Want die era van die doringboom is klaar verby. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Koos Kombuis hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |