![]() |
| J.C. Steyn |
|
1. Woord en sin
|
|
Woord en sin Woorde is almal s'n, nie net myne nie; daar's geen heimlike opsie nie, 'k was te laat vir mineraleregte. Maar delwe kan ons tog almal dwarsdeur ons hele lewe deur; buitendien en boonop vir kleims is gehardloop en vergange vir goud 'n kryg laat ontbrand. Al wat myne is is my sinne; in sinne is alle woorde mýne waar ek my in kan verdiep verborge gange oopgrawe met geheimsinnige waters deursypel om myne te verbind met ander ryk domeine s'nne (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. J.C. Steyn hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |