![]() |
| I.L. De Villiers |
|
1. By 'n sterwende kindjie
|
|
By 'n sterwende kindjie Eddie, kan jy my hoor? Dis ek, oom Dominee. Jy moenie bang wees nie, die Here Jesus sal jou self kom haal, jou handjie vat. Jy is mos lief vir Hom. Weet jy, die stad waar Hy woon is so mooi, met pêrelpoorte en fonteine. Sagaria, die profeet, sê oral op die pleine en die strate speel die kindertjies. Moet ek dit vir jou lees? Jy wou iets sê? Wag, ek kom nader - kon nie mooi verstaan nie. Jy wil nie gaan nie. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. I.L. De Villiers hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |