![]() |
| Hennie Aucamp |
|
1. Drieankerbaai
|
|
Drieankerbaai 'n Koue wind het opgesteek en vul die baai met mis tot dit jou lyk of meeue bloot dobbervlokke is. Was hulle die aand teenwoordig, kop onder vlerk gesteek, toe Ingrid deur die wiere beur en haar as offer breek? Hoe kon hul weet, met oë toe, skuimvlokke wat ook meeue is? Die see stoot slissend oor die sand: 'n Selfmoord is skoon uitgewis. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Hennie Aucamp hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |