![]() |
| H.A. Fagan |
|
1. Ek het 'n huisie by die see
|
|
Ek het 'n huisie by die see Ek het 'n huisie by die see. Dis nag. Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan teenaan die rots waarop my huisie staan met al die oseaan se woeste krag. Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag, soos van verlore siele in hul nood al dwalend, klagend, wat in grag en dood geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag. My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig. Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; hierbinne is dit veilig, warm en dig. Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan - dit is 'n rots waarop my huisie staan. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. H.A. Fagan hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |