![]() |
| Gilbert Gibson |
|
1. Bataljon Twee
|
|
Bataljon Twee Soos in die noorde dra my liefde ‘n sonverbleikte brown stewels wat sagte voete maak oor die kaplyn, sagte voete op pad na die deur van die hart na die seil van die tent, sagte voete wat in die woordlose stap van patrollies my nie vertroos nie soos in die noode kom skaduvure oor wange blackisbeautiful gestreep soos brandende hale, soos van ver ‘n flossie met versterkings, geëts tee die foute van ‘n sekelmaan oor die kampdraad: die ratel van ‘n slot klink blink, nes die morester en buite verkondig die groute nog ’n dag wat oor die kaplyn gaan breek (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Gilbert Gibson hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |