G.A. Watermeyer
1. Reën In Die Voorwinter



Reën In Die Voorwinter
Vier mure teen die Suidewind-
my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskruur.

My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor-
blink breek my ploeg die middelvoor...

(terug)