![]() |
| Eugčne Terre'Blanche |
|
1. Rooigrondtronk
|
|
Rooigrondtronk Drie uur smidags, 'n bietjie voor afhoktyd staan ons in twee rye, en word soos skape getel daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit en droom ek alleen tot die môre in my sel Soos soggens, die middag ook pap maar dan styf met 'n lepel vaal geel sop dit met hom tot ons môre weer in rye uitstap met leë maag en vol weemoed krop Dit is melktyd op die plaas netnou huppel die kalwers vry oor die veld maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas as hulle sing van slappap en flou poeiermelk Halt, nie 'n tree verder gaan die drade, elektries gelaai laat jou stom stilstaan en jy moet omdraai Omdraai, na wat – 'n sel met diefweer vensters 'n Potplant, jou duurste skat en jou hart op die vuil vloer, flenters!! Hulle het aan die rowe gekrap wat tyd probeer heel maar agter seldeure, toegeklap kan wat gebreek het, nooit weer heel (terug) Dwaalster Tussen volmaakte sterre Hang 'n goudkleur maan En ek grawe na herinneringe diep gebore Na die dwaalster se ontstaan In watter vreemde nag Het die skitter ster uit sy baan Met groter glimkrag Sy eie koers gegaan Dwarsoor die melkweg se wit Het hy gillend en glimmend gegly In sy afdraande rit By planete en sterre verby Op die rand van die afgrond Het Hy gestaan Met hande deur spykers verwond En Hy gryp my, want ek wou saam (terug) Hy Hou Wag Hy kan nie weet Toe die sleutel se tong In die slot se gleuf steek God wag in die sel vir hom Weerloos teen die hande Wat donker, dom na hom tas Sny die sel se slot die bande Met dit wat eens hý was In die grysgerookte hok Waar die stank van mense sweet En groen tabak rou skok Het hy ook nie van God geweet Eers later die nag Het hy geweet God hou wag Oor hom en die stomme leed Snags in die stinkende donker gang Weerlig die bitter weet deur my hart Laat staan die verlang (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Eugčne Terre'Blanche hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |