![]() |
| Ernst van Heerden |
|
1. Ballade Van Die Selfmoodenaar
|
|
Ballade Van Die Selfmoodenaar Dit is die swaarste pad, loop anderkant verby, en laat dié oog se luik geslote bly; Sê: hy had geen liefde, niks was vas of waar, en glo dat dit die brein se knak verklaar. - Die boot is omgekantel en die meeue kras waar volle seile en 'n sterk roer was - Kon hy jou ligte pyn en klein ontbering dra, van sterwensiekte sou die siel nie kla; Maar hy weet dapper dat dit skemering word, en soek die antwoord - bitter, snel en kort. Jou effenheid is deur 'n rimpeling verstoor, maar hy het onrus in die ewigheid verloor. Dus juig, o hart, oor bloed en lem, die sku en wilde dier is eindelike getem. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Ernst van Heerden hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |