![]() |
| Daniel Hugo |
|
1. Oujongnooi
|
|
Oujongnooi (vir 'n wyse maagd) bedtyd versluier sy haar in kant en trek die ring van haar regterhand (die bedlamp laat sy heelnag brand) na 'n hoofstuk uit Hooglied of Openbaring drink sy die Pil soos 'n gebed om verlossing net vir geval die langverwagte Bruidegom diep in die nag op sy spierwit perd gaan kom (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Daniel Hugo hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |