![]() |
| DF Malherbe |
|
1. Die Rooivlerkspreeu
|
|
Die Rooivlerkspreeu O rooivlerkspreeu, ek hoor jou lied, ‘n diep verhaal van warm verdriet... Ek hoor jou klae, jou stemklank soos in kinderdae, en soek dan hier, dan daar, tot ek jou op die tak gewaar, allenig op die eiketak, so somber-swart, so windverward! Die reënbui en die winterkou... die berg is toe van wolkegrou, die stormweer smoor jou klagte dood: bo in die berg is hongersnood. Die donker kom, die stormwind fluit- my hart herhaal ‘n honderd maal die smeking van jou stemgeluid! O rooivlerkspreeu, so somber-swart, so noodverward, ek hoor jou in die noordewind. O bedelaar-kind, verstom, verkluim, in raaisel-dom van kouer, wrede wêreldruim! (terug) Slaap Wat is die slaap 'n wondersoete ding! Sag op haar bloue oë daal die vaak soos maneskyn diep waterkuile raak om daar te droom in silwer skemering. Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering: "Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak, wat drome soet tot werklikhede maak: in vaderarms rus my lieweling. Sluit so my oë, God, wanneer vir my u Engel wenk ter laaste, lange rus en ek van wilde woeling hier moet skei; dat my dan stille drome huis toe sus en sterke Hand deur duisternisse lei. Sluit so my oë, God, as ek gaan rus. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. DF Malherbe hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |