![]() |
| Wynand de Beer |
|
1. Kinders van Jozi.
|
|
Kinders van Jozi. Daar is ligte in Jozi se strate vanaand, neon flikker en flits in die sagte wit mis. 'n Bottel breek en die mense lag, daar is 'n jol by die shebeen op die hoek. Daar is stoom op die strate, 'n taxi warrel verby. Die passasiers sit toe in komberse. Dis weer winter in Jozi se strate vanaand. Die seuntjie sit langs die trapies, sy kaal bene en armpies vaal van die stof. Hy voel nie die koue nie, maar klem net die sakkie gom stywer teen sy bors. Af in die straat hoor ek 'n bondeltjie huil; dis 'n moeder met haar kind, koud in die donker. Hulle is koud en honger en die kindjie is siek. Haar hoesies word swakker en die water is klaar. Die dogterjie bewe in haar mamma se arms, hulle enigste kombers is 'n sak en die sondagkoerant. die kindjie se vingers word slap in haar mamma se hand; daar is geen ligte in Jozi se strate vanaand. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Wynand de Beer hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |