Willeze Abel
1. Vals

2. ‘n Jaar later

3. Ma vs Dogter

4. Ek wonder

5. My Seuna

6. Goeie tye

7. Bronwyn

8. Danielle



Vals
Nooit weer sal ek klae
Al kry ek goed pakslae

Die mense kan nie verstaan
Dat ek maar net leer – aangaan

Baie terleurgesteld is ek
Want almal dink ek is een groot gek

Want as hul vra vertel ek als
En ek glo vas hul gee om

Maar nou weet ek dit is vals
Hul almal dink ek is eerder dom

My kinders is my lewe
Almal moet my maar vergewe

Maar ek sal oorleef
En geen moeilike dae vrees

Maar nooit weer sal ek vra
Of selfs net vertel

Want niemand gee om
Hulle hulp is vals

(terug)


‘n Jaar later

‘n jaar is verby
Sonder jou aan my sy

die jaar is verby
ja sonder jou skaterlag

die jaar is verby
sonder jou kieriekie been
wat rondspring
voor my hart

Die vreeslike laaste minute
Nogsteeds in my brein vasgevang

Die wonderlike laaste ure
Nogsteeds in my hart – vasgevou…

Ek sal jou nooit vergeet
Dit kan jy maar weet

Al was jy net deel van my vir 14 jaar
Sal ek jou vashou vir ewig…

Jy lê met jou kop op Sy skoot
Hoe heerlik om te weet
Hy vou Sy arms om jou nek

Ek word gedokter deur die lewe
Elke nou en dan onthou ek…

Maar sal nooit vergeet
Die laaste woorde van jou lewe
Want my naam was die laaste wat jy ooit sou spreek…

Nooit sal ek kan verstaan
Maar soos die dae verby gaan…
Begin ek aanvaar…

Ja Soos die dae verby gaan
So Begin ek aanvaar…
Hy Is In Beheer.

(terug)


Ma vs Dogter

Al vir baie jare
Is jy altyd daar

Kan ek op jou knoppie druk
Al wil ek net sit en snik

In goeie tye en slegtes
Is ek altyd in jou gedagtes

In jou goeie tye en slegtes
Bly jy op jou knieë
En weet ek – ek is in jou gebede…

My vriendin met wie ek kan praat
My vriendin met wie ek kan baklei
Vir wie ek se ‘dankie’
Vir wie ek se ‘passop’

Dankie dat jy my offer -
- Elke aand
Vir ONS God

Ons ken mekaar se smart
Ons ken mekaar se geluk

Soos ‘n dagboek van eers
Ken jy ‘n gedeelte van my geheime
Soos ‘n dagboek van eers
Ken ek ‘n gedeelte van jou geluk

Dankie dat jy my offer -
- Elke aand
Vir ONS God

Soos ‘n dagboek van eers
Ken jy ‘n gedeelte van my vrees
Soos ‘n dagboek van eers
Ken ek ‘n gedeelte van jou smart

Dankie dat jy net 10 sekondes ver is
Dankie dat jy net ‘n gedagte naby is

Dankie dat jy my offer
Elke aand vir ONS God
En onthou
Dat ek jou offer
Elke aand vir ONS God

(terug)


Ek wonder

ek wonder partykeer
hoekom?
waarom?
‘what if’?

ek wonder partykeer
wat is my more
my volgende week
my volgende jaar

dit lê voor my soos Kaapstad se berg
misterieus onder die wolke hoed

gister is verby
dit ken ek baie goed
die maande
onthou ek …

nooit weer sal ek dit oor hê
dankie tog?
as dit nie was vir my doggies -
sou ek dit nog kon sê…?

al wat nou voorlê is
die mores,
volgende week,
volgende maand
en jaar

eensaam
op my eie
sien ek die son opkom
die son ondergaan
sien ek hoe vinnig my kinders groot word

eensaam
op my eie
probeer ek die mas opkom
kyk ek my kind in die oë
en sê Nee – vir wat sy wil hê

eensaam
op my eie
speel ek dokter,
onderwyser,
en vriendin.

eensaam
op my eie…
leer my kind my
om te glo
vas te hou,
TE BID…

(terug)


My Seuna

Jy was die eerste in die gesin
Ek het jou liefgehad soos min

My blou oog seuntjie
Wat rondry op sy fietsie

By ons grootgeword
Saam gespeel in die grond

Jou lewetjie deurmekaar
Jou siekte maak ons naar

So min het ek geweet
Van al die aande se gesweet

Ek kon nie verstaan
Hoe kort is jou lewensbaan

Jy was my kieriekie been
My altyd help kind

Altyd ‘n glimlag op jou gesiggie
Maar jou ogies sonder liggies?

As ek net geweet het
Daardie aand was jou laaste

Sou ek meer gedoen het
En jou meer vasgehou het

Jou laaste ure was baie ‘fun’
Ek sal dit nooit vergeet
My naam die laaste wat jy ooit sou spreek

Jou laaste paar minute baie erg
Nooit ooit sal ek vergeet!

My hart was meer as net gebreek
Dit was leeg…

Ek was die een wat jou moes help
Maar wat ek nie geweet het nie was – ek het

Al wat ek kon doen was bid
Want ek wou vir jou net die beste he


Wat ek gekry het – het ek nie verwag
Maar ek weet nou – dit WAS die beste

Hy het jou kom haal
Om geen pyn te hê…
Soos ander ordentlik asem te haal
…en nou op Sy bors te lê

My sauna, eendag sal ek die lelik kan vergeet
En dan sal ek weet

Dit IS beter vir jou
Om eerder jou arms om Hom te vou.

(terug)


Goeie tye

Jy was my vrugte mandjie op die tafel
Die voete op my stoel

Jy was die blink in my oë
Die fluister in my oor

Jy was my kitaar speler op die bank
Die piesangslaai maker

Jy was my linkerhand trok drywer
Die karavaan se baas

Jy was my bass vanger-maatjie
Die bekfluitjie kenner

Jy was my dans-partner-wenner
Die voëltjie temmer

Jy was my pa in KFC
Die chocolate prentjie skilder!

Jy was my groot oog in die teater
Die afwagtende pa

Jy was my houthuis bouer
Die gogga-vanger

Jy was my swembad vriend
Die stoute kabouter

Jy was my beste vriend

Jy was…

(terug)


Bronwyn

My doggie, vandag is jy 10 jaar oud.
Sjoe hoe vinnig het jy nie groot geword nie.
Dit voel vir mamma of jy nou die dag nog 'n babatjie was toe ek jou nog op my skoot aan die slaap kon sus,
toe ek nog jou seerplekkies met spoegies kon reg soen.

Toe jy gebore is kon mamma nie ophou om vir jou te kyk
ek het nie eers omgegee of jy 10 vingers en tone het nie.

Vir my was jy die mooiste babatjie ooit.

Terwyl ek op daardie hospitaalbed gelê hê in pyn
kon ek nie glo Liewe Jesus het my soooooo baie lief dat Hy jou vir my gegee het nie.

Vir mamma sal jy altyd 'n baie spesiale plekkie hê nie net omdat jy myne is nie
maar omdat jy my eersgeborene is en is die persoon op hierdie aarde
vir wie ek eerste so baie lief gehad het dat ek net wou huil van vreugde.
Jy is my sterretjie en my lieflingkind.

(terug)


Danielle

My oop-bek-soen-dogtertjie

In tye van eensaamheid
Jy is die een wat altyd daar is

In tye van hartseer
Jy is die een wat my hand vas hou

My woel-water liefde
Maak nie saak waar – jy is daar

My altyd liefde gee
My altyd herinner aan Jesus Liefde
Jy is die een wat by my is

My dogtertjie van 7
Wat meer verstaan

My sonneblom kind,
Met altyd blink-ogies

(terug)