W.L. Van Rooyen
1. Ek het vir jou geskilder

2. Die eerste keer

3. My love



Ek het vir jou geskilder
Jy het saam met my gebad gisteraand
En ek het jou kaal gesien
Jou elke emosie ontbloot
Tot naaktheid

Ek het jou liggaam alleen gelaat
En vir jou geskilder
met woorde

Jou hartseer naaktheid
ingekleur
Met woorde van pers en groen
Maar, later het die lewe
se afstand tussen ons
my wakker gelaat en my droom verbloem.

Ek het my oë gesluit
en vir jou geskilder met woorde.
Gedigte en gedagtes
wat rym
Wat jou stukkies hart
weer heel en aan mekaar
vaslym

Ek het vir jou geskilder
Met woorde
Van die see en die berge
woude en drome
akkerbome en druiweboorde
ek het vir jou geskilder met woorde

ek het vir jou geskilder
tot ek aan die slaap
geraak het

en van jou gedroom het

Waar jy sonder trane
glimlaggend
leef
en vir my
met woorde in rooi en blou
fluister

Ek het my oë oopgemaak
En die bad was koud en
leeg

Jy was getrou
Jy het weg gesweef

Maar ek het geglimlag
want ek het geweet
Vandag het ek vir jou
getrou geskilder
met woorde
in groen en blou

vir jou het ek
geskilder.

(terug)


Die eerste keer
Toe ek jou gesig gesien het
Die eerste keer
Het my wêreld gedraai
Blitse, donderweer,
En winde wat waai.

Jy het aan my hand gevat
Daar was hoendervleis tot op my blad
My hart het begin klop klop klop
Jy was soos heerlike warm sop

Die kos het gekom
En dit het gebeur

My wanbalans totaal versteur.

'n Soen
En jy het my hart gevat
Ek is nat
Dit laat my kop draai
My binneste verwaai

Lekker eet my lief
Jy lees my hart soos 'n liefdesbrief

Ek verloor myself in jou oë
Wanneer jy 'n happie vat
Met jou hoof vooroor geboë

Jou drie sterre in jou nek
Wink vir my
Hul maak my gek

Ek loop saam met jou
En ek besef
Jy is werklik 'n glinster vrou

Ons vry in die kar teen die muur
En my wêreld verloor in 'n sekonde 'n uur

En helaas
Ek staan hartseer verbaas
Want koebaai het gekom
En dit maak my weerloos verstom

Ek ry daar weg
As 'n ander man
Binne my brand 'n vuur
En 'n bloedrooi vlam

Toe ek jou vir die eerste keer sien
Het ek geweet
Ek sal jou nooit kan verdien
Ek wil jou nooit vergeet

Die eerste keer
Ek hoop ek bid
Vir weer en nog 'n keer

Ek het my hart vir jou gegee
Meer en weer
Dit was die eerste keer

Tot ek jou weer sien
Sal ek leef
Asof ek jou miskien verdien

Ek sal jou mis

Maar weet gewis

Ek sal vir jou teken
Ek sal jou bereken
Ek sal van jou droom
En ek sal leef, tog so vroom

Tot ek jou weer kan steel
En my
'n ander wereld kan verbeel

Tot dan
Sal ek jou
In die blaaie van my hart versteek
En styf, dig toesluit
En jou oppas.

(terug)


My love
You are my angel face
My saving grace

My pearl white wedding dress
No more blue just no less

As the river runs through
Breaking pieces perfectly and true

My perfect baby girl
As a black hole forever swirl

Space in dreams with an eyelet star
Yet so near, yet so far

You my angel face
Forever dreaming saving grace

If, two letters of grief
Am I an honest loving thief?

A halo glowing red
Blue sky surrounding head

As the rounding salty waves do break
Somewhere crawling legless yellow snake

I do
Were my thoughts and words forever true

Pain equals gain
No life lesson ever learned in vain

Steam on tracks equals train
Met jou en my en 'n bloedrooi sandduin

My, angel face
Remembered as a saving grace

And slowly the sun shines through
Forever there forever true

With all my love
To you

(terug)