Vincent O'Neill
1. Liefdesbrief



Liefdesbrief
A4 papier netjies gevou tot sakpas
van hoek tot hoek
"vir my Liefie" lui die titel
ek vou surgvuldig oop,meer versigtig

ek begin noukerig te lees:

A4 papier,ontvou in 'n harts openbaring
rou emosies op papier deur blou ink
'n vroulike skrywer openbaar haar liefde
Liefie is vir my sover 'n onbekende
maar tog is hy vir haar alles,sy ken hom

ek lees verder:

kreatiwiteit gevolg deur emosies
ek begin Liefie te skilder in my kop
emosioneel is hy sterk gevorder
sy fisieke is egter 'n misterie

ek keer terug na my harde wereld,en
ek vou haar hart versigtig toe.

(terug)