![]() |
| TommyW |
|
1. ode vir die liefde
|
|
ode vir die liefde Bewaar jou sinne assie liefde sonner voorbehoud jou sinne oorneem en wat voorheen so logies was glad nie meer sin maak nie. Dis so onregverdig as jy twintig jaar plus is word jy met n verhouding toevertrou maar niemand se vir jou da is n klomp rolle in hierrie toneelstuk oor die volgende veertig jaar wat jy sal moet suksesvol speel anners word jou rol deur iemand anners oorgeneem wat ook maar nie allie woorde ken nie. Die nag se swart karos gee vir my groot koestering waaronder ek gemaklik voel maar het ook die geneigtheid om die maskerslot van my hart te ontsluit. Die sagte lig van begindag dink ek kom van die paradys af want daar is niks vals innie selfs die belofte van die dag wat kom le nog ongeskonde sonner 'n spoor van die mens daarin. (terug) Ek wens Sommige aande soos vanaand ontwyk die slaap my. Sulke aande spandeer ek aan dink en verlang. Meeste van hierdie aande is ek so onmeetlik alleen en verlang ek na n deelmens wat ek weet daar buite is en net soveel na my verlang al ken sy my nog nie. Ek wens ek kan vanaand die rooi sonsondergang wat netnou was vir jou toedraai en vir jou gee as n kleinnoot om jou warm te hou. Ek wens ek kan my hart se verlang vir jou wys en weet dat jy daai skerppunte met liefde sal toemaak en sommer net sal verstaan. Ek wens ek kan saam jou lag tot ons huil want beide moet ons saam kan ervaar want anners issi lewe stomp en afgesaag. Ek wens jy wil in die diep donker van die donkermaan by ny kom lepelle omdat die beskerming van my lyfholte vir jou geborgenheid gee. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. TommyW hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |