Suzie Mcruz
1. Dis jy



Dis jy
Ek is gewoond dat ouens flirt met my.
Smeer my heuning om die mond en vertel my hoe mooi ek is.
Ek val natuurlik daarvoor want ek wil dit tog so graag hoor.
Miskyk die feit dat dit net een ding is wat hulle wil hê.

Maar toe kom jy. Geen komplimente. Smeer geen heuning om my mond.
Maar jy laat my lag; jy laat my uit my maag lag. Hardop lag. Lê van die lag. Huil soos ek lag.
Ek ken dit nie. En voor dat ek kon keer gaan die veters van my hart los.
En jy stap in en maak jouself op my gunsteling bank tuis.

Ek is so bly om jou hier te hê.

(terug)