![]() |
| S. Erasmus |
|
1. Gesnoei
|
|
Gesnoei Die afgeplukte blomme van my lewe lê voor my, met teerheid weg, verskrompeld - die mooiheid afgesny Net hier en daar het rankies van vernuwing uitgeloop Keer op keer gekap, geknip - van kleure kaalgestroop * Die hele skepping, raakgesny, gesnoei, deur die Tuinier - die boom en bos en blommeprag deur sondelas ontsier * Dis soos ek in jou hande is, dis ek, die klei, voor jóú! Dis eintlik soos ’n offerdier - dis ek, jou bedelvrou Dit is jóú hand wat dit kom doen, genadeloos en guur Gesalig in jou slaap gesus, dis koud - die minnevuur… Soms kom daar effens nuwe groei wat skaam-skaam botsels maak, en net as ek weer hoop wil kry dan word dit doodgemaak Ek sien gekneusde blare lê: jou voet het hárd getrap! Selfs ouhout is deur jou geknak, met byle neergekap * Maar, soos wat ek daar onder lê met dorings in my vlees, word ek gestadig opgebou weg is die pyn en vrees * Toe kon my takkies skielik tot in volheid uitgedy, en elke brose bloeisel is aan Hom toegewy Dis net by jou, my liefde, dat ek steeds geen deurbraak vind Ons liefdesvuur se vlamme waai yskoud in die wind... (terug) ongebore Gister nog was jy my roosknop-kind wat met dou-nat lippies fladder-sagte soentjies op my gesig kon plak Wanneer, tot hoe lank en waar sal lewe en hartklop - die baba daar ín jou wat wás - dan ophou met hoop? Wanneer het jy opgehou sing in jou slaap? Waar gaan ek soek om jou glimlag te sien? Miskien is jou vonkel-straaltjie veel dowwer na die seer... Miskien voel die klowe in jou hart selfs rouer na die pyn... Dalk sal troos weer binne jou kan vrug dra teen die seer sal nuwe lewe net tog help om gister uit te vee... Weet jy nog hoe om die sonlig te dra? Sal jou trane rêrig droog word teen jou nek...? (terug) verdrink boontoe dobber die boeg lewensreddend, buite bereik van hande – gryp, krap, klou bo my is daar lig: vertroebelde versteurde waters dryf na bo – draai, kolk, maal ondertoe is duister onseker bang, wil nie afdaal daarheen sink al laer stik, snak, stil... sien tog bo die waters die Enigste! geen verstikking boontoe asem vryheid lief, Lig, Lewe! (terug) weggekruip Daar… waar jou asem opstyg waar jou woorde warrel kolk draai dwaal... Hoe gaan ek die plek ooit vind? Waar... bons jou hartklop vinnig word jou knieë stukkend seer rooi rou...? Hoe gaan ek jou plek tog kry? Hier... is ek nêrens orals hoor ek niemand naby raas kap krys... Sal jy dalk mý plek kan kry...? Soms... is die stilte storms is die naglug witter bleek grou grys... (terug) die bos-daad sy hurk op haar knieë - hul is tog so grof - hoor nou haar asem! wat in en uit... in en uit... wanneer roep mens waar krete geskreeu word? sy voel dit nie eens nie - dis eintlik alleen - hoor net die stilte: van naby en vêr... naby tóg vêr... waarheen gaan mens waar ‘glo my!’ gehoor word? die kringetjie om haar - haar wêreldjie eng - verbreed deur die wandaad; sal groot word dan klein... groter weer klein... waarheen stap mens waar treë geloop word? sou hy dan weer terugkom - die vrees ruik soos pyn - dat dít weer begin? vinnig of stadig... vinnig nee, stadig... hoekom voel mens as dood dan gelééf word? sy sien nou hier om haar - dis nog steeds dag - die sand en die grasveld: so droog nee, dor... droog en dor... (terug) net half waarom luister jy nie? sien jy as ek roep? hoor jy as ek jou wys hoe half ek is sonder jou? jý moet dan vol maak waar dit uitlek waar dit leegword waar dit drup... drup... drup... wanneer gaan jy opstaan en kyk, ...síén en luister, ...hóór? opstaan? miskien het almal hard geskree vir jou dat fluister, ...fluister, fluisteringe - onhoorbaar is miskien is jy ook half, net half? en wag jý vir die praat wat sag genoeg tot in jou hart sal val? (terug) onbekend het jy geweet dat ek jou ken: jy wat vasgebind is aan my hart? weet jy dat jy dieselfde vesel dra wat my laat dink, laat lag laat huil? ...wat dink jy in die nag? is daar dan geen manier om jou te sien, te ruik te vóél? ...hoe voel jy as jy huil? hoe kan mens liefde kompakteer en wegsit vir ’n duisend jaar tot dáárdie dag? dan sal jy reg voor my kan staan en ek? mag ek jou dan maar ken? gelukkig tog dat ek kan weet die Hande wat jou hou... dat dit dieselfde Hande is wat ken, wat sien... wat wéét (terug) volverwonderd vir 2/12/2000 - die mooiste dag in my lewe...! somtyds het ek in die niet gestaar - my denke rou dís die tye dat ek nooit ooit van myself kon hou hierdie was die kere wat ek na die spieël kon kyk en elke foutjie raak kon sien - sien hoe ek vir mý lyk dis jammer dat verlede soms die hede troebel maak dis als verby, daar is geen hoop niks maar tog nou meer saak...! en telkemale sien ek weer die spieël hier voor my skree dis soos ’n skadu wat my volg dis ek en hy, ons twee... ek roep dit uit: ag iemand help! is daar dan niemand oor - ag iemand, hoor tog wat ek sê - wat hierdie hulproep hoor?... so het ek aangesukkel en vir jare aangehou so tussen dood en lewe het ek net-net vasgeklou... gelukkig het daar één dag tog ’n ommekeer gebeur dié dag toe ek kon ophou rou en op kon hou met treur dit was ’n blye dag vir my - het plotseling gebeur - dit was mý dag, ja Hy’t gesien: sy het genoeg getreur toe staan ek flou, steeds kragteloos, uit al die modder op en skielik het ek krag gekry - (dit gaan die donker stop...!) verwonderd dink ek, hoe dan nou hoe kon dit so gebeur dat Hy my raaksien en my hoor so uitmekaargeskeur...? kan jy dit glo, vir my... vir my! - draai aan-een deur my hart is ek dan raakgesien, deur Hom? hoor Hy die pyn... die smart? ek wonder... hoe kon dit gebeur dat ek die pad kon mis? ek wonder... was ek dan só dom dat ek dié Weg nie wis? ek het dan al die jare deur getrou die kerk gedien en tóg het ek Hom misgekyk met blinde oë gesien... en nou kan ek verwonderd staan en terugkyk om my heen hoe Sy genade aan die kruis vir mý nog tyd kon leen dit is die grootste enkel skat wat ek nog ooit kon kry - kon vasgryp na die Hand wat bloei daar Is net Een soos Hy...! wil heel die mensdom tog net sien wat Hy vir hul kan doen dat elke knie sal buig voor Hom Sy Hand en Voete soen... klein Mensie, jý wat magteloos met wanhoop om jou ly kyk asseblief tog eenmaal op daar is net één – dis Hý...! moet tog nie maak dat trots die pad versper tot daar by Hom maak óóp jou hart, dis nóóít te laat Hy vra dat jy moet kom! So doen jouself die guns my maat - soek Jesus, Hy Is daar... dit is die mees Belangrikste Hy Is dié Een, dis Waar! (terug) die liefde in hul oë hoe lank nog Here, hoe hoe kan ek stil bly wag en wag totdat U wilsbesluit my hier kom haal een dag? U weet hoe ek verlang het om hul oë weer te sien hul oë wat so oor-vol is van liefde - húl kon sien? daar is dié drie wat weg is Heer die wrede harde slag toe aldrie daardie selfde pad gestap het deur die nag die ander twee wat hier is Heer dis dít..., dit maak só seer dis húlle wie se oë kyk na my, géén liefde meer ag Here U ken hierdie pad wat ek so baie stap die een van agtertoe vergeet om vorentoe te trap maar Here dis die swaarste een om dié wat leef te voel hoe hul die mure om hul bou dis níé vir mý bedoel...! vir die wat reeds gegaan het, ja dis makliker gedoen om hul te moes begrawe het dit was só gou gedoen maar díé wat nog hier lewe Heer wat eintlik dood is, ja om hul te moes begrawe het en nooit geen vrae te vra dis daardie oë wat nie lééf wat in my hart bly draai die koue, harde oë wat die liefde bly versmaai hoe graag, weer eenkeer, wil ek tog die liefdesoë voel wat my soms so gestreel het, ja dit wás vir my bedoel...! 28/10/2008...op my 51ste verjaarsdag - toe die stemme vir die soveelste jaar stil was vroeg-oggend... (Twee Broers, Twee Sussies... kanker het bo-oor twee geloop; hardheid van hart het die ander twee getrap... Pa – kanker het hom weglei, Ma - slegs flentertjies liefde het oorgebly... (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. S. Erasmus hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |