Rudi Botha
1. Die Aarde



Die Aarde
...en God het geskep en God het gekyk
en dit was goed …

die blou bal ongeskonde in sy baan laat val
die son gedraai om lig te gee
die maan sy blou lig op die water laat val

en die mens gemaak en nog gemaak
die voëls die berge die lied
en trots sy skepping oorgegee
en angstig gesit en wag
op die gevolge van die taak

die pou het gepronk
die duif ‘n druppel gedrink
die son het sy kant gedraai
die verbrokkelde reënboog het
pletterend neergeval

…teleurgesteld en verwerp
omgedraai en weggeloop en sag gehuil…

Die mens het die trane gesien
en trots sy grys enola laat val
die wolketroon op laat gaan
verblindend die menselig teen die son
verskiet en gejubel en gelag
en gewys wie het mag

…sag gehuil…

(terug)