Rianda
1. My Ma



My Ma

Jy eet die lewe met skil en al
Jy ken nie meer ‘n lewe van loop, net val
En as jy smile met ‘n skewe onskuld
Wil my hart vol vrae saam jou kop tilt

Jou menswees het saam jou lyf gekwyn
En die verstaan het uit jou oe verdwyn
Al voel ek soms jou hart is blind
Is jy die een wat glo soos ‘n kind

Partykeer dink ek jy’t my vergeet
Wanneer ek nie jou woorde met begrip kan meet
Maar ek kyk na jou voor hartseer my aankla
En ek weet jy’s nog altyd net: My Ma!

So helder onthou ek tye saam met jou
Krampagtige lag tot ons dubbeld vou
Nooit eendag erge hartseer beleef
As jy met jou engelvlerke saggies beweeg

Vir sewe van ons altyd tyd gemaak
Nou sien ek dit was eintlik ‘n onbegonne taak
Om elkeen te vorm, troos en voed
Het jy betaal ‘n prys van gees en bloed

Die siekte het jou vermorsel, laat spartel
Hoe moet dit tog wees, ‘n ewige martel?
Ek bid dat Sy vrede jou sagkuns sal omvou
Jy was Hom altyd dan so getrou

Ek neem van jou afskeid die rots wat jy was
Tot eendag jou gedagtes soos ‘n legkaart weer pas
My hart sal vir jou vir ewig saam dra
En ek weet, jy sal altyd wees: My Ma!

(terug)