![]() |
| Poppy Minnie |
|
1. (Vandat ek jou laat gaan het)
|
|
(Vandat ek jou laat gaan het) Vandat ek jou laat gaan het Het als in my verlep Kos eet is sleg Want ek weet jy's weg Om in die oggend op te staan Maak my bene en knieë lam Ek sien nie eers meer kans om hare te kam Ek voel so alleen Dis so moeilik om nie te weet waar heen My hart treur Als in my is stukkend en seer Jy het my kompas geword En toe ek jou laat gaan het als in een gestort Ja daar is baie ander Hulle het my ook genader Ek't 'n kans gevat en maar probeer En in elkeen van hulle het ek jou gesien, En besef ek staan voor die verkeerde deur Ek kan jou net eenvoudig nie laat gaan Die gedagte sonder jou maak my gedaan Ek mis daai 'kort' mannetjie met sy donker hare Wat daai aand hard gewerk het aan my hart snare Ek't weer liefde in jou bruin oë gesien En jy was vir my meer as tien uit tien Ek wens ek kan jou weer sien In jou bruin oë kyk En weer sien hoe liefde werklik lyk Dis alleen hier buite sonder jou Ek't jou arms nodig om my vas te hou Ek's regtig baie life vir jou En dit William sal nooit ophou (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Poppy Minnie hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |