Pieter Henning
1. Liefdesdans

2. Ek mis jou

3. Ek Skree

4. Jubel

5. Liefde

6. Tant Annie van Tietiesbaai

7. Droom

8. Ploegskaar

9. Tafel

10. Die Laaste Hawe

11. Naggeluide

12. Afskeid



Liefdesdans
Laat ek jou neem na 'n wêreld
Van liefde waarop jy kan swerwe
Jou neem op n romantiese dans
Met vurige soene verlam jou kanse
Lei jou na hoogtes sonder vrees
jou met oorgawe kan dien
in jou sy sagte vlees
jou sagte heuwels ontgin
sodat jy my altyd kan bemin
verlore in klowe beskore
dien jy my met liefde nie verlore

Laat ek jou dien in my wêreld
Syfer jou liefde deur my hart
Filter jou siel deur my gees
Dra jou op my vlerke
Gehul in my liefdesdans
Weet ek ons het 'n kans

Sweef ons siele as een
In die reëndans gepleeg
Smelt ons harte vereenselwig
Met laat nagte wat smelt
Ons weg op reise
Waar ons beide kan verwelk

(terug)


Ek mis jou
Ek mis jou reuk
wat my saggies bedwelm
wat my stadig bekruip
my omsingel teen my hart
Ek mis jou siel
wat my aanraak met liefde
wat my verstrengel
my omvou om by jou te hou
Ek mis jou aanraking
wat my met deernis troetel
wat my verwarm
tot teen my murg
Ek mis jou soene
wat my lei tot hoogtes
my drome van gister vergete
net die toekoms om my heen
Ek mis jou alles
want saggies ween my hart
treur my siel
en verdrink my hart sonder jou

(terug)


Ek Skree
Ek skree in 'n blik
In 'n blik?
Ja skree in blik!!!

Die ego’s hardloop
Verskrik
My gewete neul aan my siel
Ego brand diep in my keel

Skree in die blik !!!!
Angsbevange
Strompel my hart met verlange
Want ek hoor net my eie ego
Snak my hart na heel
Want hy is baie seer

Skree in 'n blik!!!!
My siel smeek om genade
Vasgekeer met harde bande
Skeur jouself stadig op

Skree in 'n blik!!!!
Lee ego’s wat my laat swik
Liefde strompel dwaas oor my gewete

Skree in 'n blik!!!!
Dan verdien jy 'n klap
Want die lewe gaan jou lap

Skree in 'n blik!!!
almal se ore is verdof
alles is weg met 'n sagte plof

(terug)


Jubel
Dis 'n heerlike dag
Die lewe is 'n lag

Die son brand fel
Ek is deur my hel

Verlore die smart
Jubel my hart

Verlore die pyn
Skink nog wyn

Hierdie is my hart se fees
Want ek dans saggies om jou gees

Dans ons drome ver verlore
Weet vandag is ons beskore

Laat die dag in lewe
En aan mekaar begewe

Ek bind jou met 'n lint
Aan my hart se punt

(terug)


Liefde
Verstrengel en verstrik pluk
liefde aan jou juk
sleep jou mee sonder vrae
onbeantwoord lê sy slae
verskrik en gebroke jaag hy jou na
pyn en lyding sleur jou mee
toegewyd lê sy nate vasgesoom
loskom is verniet
en hy gaan jou jag met verdriet
Jou hart lê vas geanker
In 'n woeste storm see
Geringste kan die ankertou breek
Jou modus operandi deurmekaar gepluk
In skerwe lê jou liefde buite jou hart se punt
Liefde afgestorwe en jou siel verpletterd
Opstaan is heeltemal ongeletterd
Verskik en verstrengel in die liefde se wind
Pas hom op sodat sy wee jou nie losmaak nie
Dan sal jy nie daal in die doderyk van die liefde nie
Laat hy jou meesleur en beleef hom vir eeue
Want die liefde my kind is die kosbaarste
Edelgesteente op die hele aarde gevind

(terug)


Tant Annie van Tietiesbaai
Tant Annie van tietiesbaai
Wat heeldag sit en ginnegaap
Kuier op die stoep tot laat

Tant Annie van Tietiesbaai
Sit soms met kurlers en braai
En drink tot die hane kraai

Tant Annie van Tietiesbaai
Is die skinderbek van die baai
Riem telegram wat draai

Tant Annie van tietiesbaai
Ken almal se stories
Skerpbek glories

Tant Annie van Tietiesbaai
Is ruler van onderdorp
Waar almal opkrop

Tant Annie van Tietiesbaai
Almal sit hier en nes-skrop
Waar die armes hulle siele omdop

(terug)


Droom
In stilte sit ek en droom
dit is net 'n wens
ver verlore is my siel gesoom

was ek maar net
deel van jou lewe
vergete die skerwe

wens ek maar net
'n toegewyde kroon
wat jou altyd sal beloon

my verlore droom
om eendag ingevleg
in jou lewe te veg

omsingel my
met liefde opreg
met ere respek

smag ek vandag
na die liefde se mag
en skenk ek jou my prag

(terug)


Ploegskaar
Soos die dag my sit en trag
Die dood grynslag wag
Die tyd my nou hier staar
Om te sien hoe ek baar

Die lewe se ploegskaar
Het nou verjaar

Geopende graf
Waar die honde blaf
My lewe verdwaas
Myself verbaas

Nou is die end
My siel het die prent

Ploegskaar het opgegaar
My lewe is net n blaar

(terug)


Tafel
Skryf op die hart tafels van my gewete
lê neer jou sielsverlange
spreek met my jou hart se belange
nietig is jy nie
verdrietig is verniet
werp neer jou begeertes
ontbloot jou siel se rëelings
laat ek jou kan streel
en nooit beveel
hou my bevange
en leer my jou gange

(terug)


Die Laaste Hawe
Veilige hawe strek voor my uit
Onbekende weë le strak uitgesprei
Gemoed lê vas geboei
In die laaste hawe
Vertrek lê baie traag
My lewe is nou weg
My laaste pas wat ek moet vat
Hierdie is my laaste hawe
Onbekende reise
Na op my afdraande pad
Onbekend lê my wee
Wat die lewe aan my verdeel
Die laaste hawe
Kruip ek veilig weg
Versteen in my eie tyd
Tog hamer tyd verby
En stadig moet ek aanskuif
En verlaat my laaste hawe
Op my reis na my eie dood
Hartseer staar ek na die laaste hawe
En weet my reis is nou net genade

(terug)


Naggeluide
Soos die sterre lê en wag
Vir die afbreek van die dag
Die maan wat insluip in sy prag
Die honde wat in afwagting wag
Die rooklose trein sê net nag
Die dooie stilte wat asem ophou
En die naggeluide wat saggies opbou
Tot ’n smeulende gelag
Wat jou siel meesleur tot laat in die nag
Dan bars die simfonie los van die lag
En jubel vir die dag wat verkas
Naggeluide ontplof met ‘n harde slag
Krieke wat saggies wals oor jou gras
En hulle viole huil deur die nag
So het ek gelê en wag
En elke dag na jou gesmag
Tot jy jou liefdeslied in my hart volmag
Bars my siel hele dag met sierlike prag
Laat my lewe omdat jy my met liefde vermag
In stilte het ek lank gewag
Tot jy jou swanesang saggies in my oor besing
Dan bars ek soos die nag met ‘n nuwe begin
En dit alles is geskep deur die Almagtige se krag

(terug)


Afskeid
Hoe diep was jou lewe ingevleg
Met snye swaar in my geheue
‘n kleine kind die wereld gebring
Wat die vreugde sou bring
Dan blaas jou asem
Nie meer wasem
En ek staan by jou kis
En talm verlore
Verskeur is my beskore
Gebroke en verlore
Swerf my siel na jou
My kleine dogter verlore
My siel vasgekluister
En hoop my kind sal dalk fluister
Vind ek vertroosting
Weet ek my kind is by die Trooster

(terug)