O.J. Du Preez
1. Wit vlag

2. Bang

3. Die bakker

4. Genesis

5. Klipgooi-hart

6. Selfbeheersing

7. Wek

8. Job

9. Jona

10. Parool

11. Paulus

12. Thomas

13. Verskrikkeling

14. Adam

15. Asem

16. Begin

17. Drie honderd en een gedigte

18. Herder

19. Langbeenspinnekop

20. Leuenaar - son

21. Salomo

22. Slang

23. Slim vang haar baas

24. Sodom

25. Soutpilaar

26. T. N. T.

27. Verbode vrugte



Wit vlag
Die duiwel lag
Verlekker homself oor
My wit vlag.
Moed verloor –
Vryheid, vreugde opgegee as borg –
Die duiwel lag harder.

Ek het niks;
Dit was nie die moeite werd –
Ek gee op
Te laat
Skade is reeds gedoen
Te laat!

My wit vlag wapper

My wit vlag wapper…

(terug)


Bang
Koei – geraamtes in die kas
Vat my hand
Slapende honde blaf
Streel my gesig
Grafte van herhinnering
Soen my
Die spoke staan op
Bang

(terug)


Die bakker
Drie mandjies vol brood
Die beste brood
Die beste baksel – my beste dag!

Die voels kom;
Ek weet wat kom.

Ek weet wat kom

(terug)


Genesis
Oor begin:

Ek gaan nie weer my rib vir jou gee nie.

Appels van versoeking,
Appels van wraak,
Appels van skaamte,

Ek gaan nie weer my rib vir jou gee nie.

Oor begin:

Appels van vergifnis.

(terug)


Klipgooi-hart
Gooi dit so ver as wat jy kan,
Laat dit gly - en - wip op die water;
Totdat dit val, totdat ek sink…

Gooi dit deur ‘n venster,
Laat dit breek – en – verwoes;
Totdat dit val, totdat ek breek…

(terug)


Selfbeheersing
Skree spoeg slaan
Vredesvergruising
Liefdesvernietiging-
Mag
Obsessie; woede.

Bang benoud beknop
Versoeningslus
Verafskuwingsvrylating
Vry
Skaam; vrede.

(terug)


Wek
Een duisend een honderd vyf en twintig dae later:
Soet lug, vars lug, geel son, heel son.
Reinkarnasie.
Genesis; groei bloei
Bloed, asem, lewe –
Opgewek,
Opgestaan.
Asem.

(terug)


Job
Stelselmatige verbrokkeling
Stadige verkrummeling

Verbrokkel

Graduaal

Geduldig
Sielsinstorting
Geduldig
Sielestryd
Geduldig

Graduale vertering
Verkrummel
Geduldig
Sieleheil

Geduldig.

(terug)


Jona
Bevraagteken noodlot –
Hoekom ek?
Skuldgevoelens sluk my in
Drie dae soos jare
Drie donker nagte soos drie jare
Wie is ek om te oordeel?
Skaam
Veroordeeld
Inwoner van Ninive.

(terug)


Parool
Versoeking weereens; nogsteeds
Leer jy nie jou les?
Selektiewe geheueverlies.

Euwel euforie
Leer jy nie jou les?
Hardkoppig naïf.

(terug)


Paulus
Kleipot:
Alledaags, gewoon - breekbaar;
Versteekte broosheid.
Alleen:
Gevul met goud – vol;
Versteekte eensaamheid.

(terug)


Thomas
Naïwe verskonings
Aspris verskonings –
Geloof bestaan nie
Geloof is weg

Geloof ontwaak.

(terug)


Verskrikkeling
“Ek het jou lief” –
Eggenoot.

“Pappa” –
Vader.

(terug)


Adam
Versoeking, vrou
Sonder rib, sonder hart
Sondaar

Verbode vrug
Sondaar
Mens, man
Sondaar

(terug)


Asem
Geboorte; tweede asem –
Vryheid wink
Nuwe lewe: miskien, hopelik, asseblief!
Vryheid wink
Lukraak keuse; betwyfeld, bang –
Vryheid wink

Vryheid wink.

(terug)


Begin
Geboorte
Reen
Somer
Dagbreek
Dood.

(terug)


Drie honderd en een gedigte
Eerste honderd:
Jou lang bruin hare,
Jou bruin glinsterende oë,
jou sagte sagte lippe,
jou sagte engeltjie stem,
jou vol glimlag.

Tweede honderd:
Ons skielike onverwagse ontmoeting,
Ons handjies-vas-hou en skaam drukkies,
Ons passievolle soene en skaamtelose nagte saam,
Ons drome en planne vir die toekoms,
Ons…

Derde honderd:
Jou kwynende glimlag en dowwe oë,
Jou woede my woede,
Die begin van die einde
Afdraand,
Jou leë kas en onversteurde kussing.

Die laaste gedig:
Ongenooide gedagtes en herinnerings,
Jou gesig jou stem in 'n droom
My woede my wraak my wreedheid
Geen trane meer
Totsiens.

(terug)


Herder
Verlore skaap
Verlore siel, gebroke siel.
Verpletterd
Geskop geslaan gespoeg
Verneder.

Ek sien die lig.

Ek sien die lig.

(terug)


Langbeenspinnekop
Jou prooi, jou prys toegespin in jou web
Tergend, arrogant sluk my in, spoeg my uit en laat vaar
Vir nou
Nou nou is jy terug
Nadat jy n nog n imbesiel gevang het
Nou nou is jy terug
Klaar verveeld.
Nou nou kruip jy terug
Tergend verlos jy my
Maar nie vir lank
Arrogant maak jy wat jy wil.

Sterker.
Slimmer, wyser

Probeer my vang!

(terug)


Leuenaar - son
Helder – oor - dag wegkruipertjie
Koud Wolke skielik:
Digte skuiling,
Leuenaar
Lafaard!

More
More sal hoop weer uitstraal?

(terug)


Salomo
Somer het aangebreek
Ouer.
Oorgangsjare, uiteindelik
In die somer
Ouer.
Reën bring groei
En wysheid
Ouer
Wyser.

(terug)


Slang
Lokkend dagend tartend
Naderende slang;

Versoeking verlei my

Laggend jagend dreigend
Gelukkige slang,
Spottende tartende slang;

Versoeking oorwin my

(terug)


Slim vang haar baas
Jy is baie intelligent,
dit moet ek bieg :
geloof
politiek
sport
musiek
fantasties
vol punte
almal klap hande;
dit moet ek bieg :
mense kennis
gevoelens
ek
vrot
nul uit honderd
slim vang haar baas

(terug)


Sodom
Uithangplek
Paradys
Elke nag -
Geen spyt
Geen reëls
Geen stop
Elke nag –
Vals euforie
Vals vreugde
Vals paradys
Elke nag
Sodom
Elke nag…

(terug)


Soutpilaar
My grootste fout.

My familie verkoop vir lensiesop
Jou aanvaarding :
Jou vals oor
Jou glibberige glimlag.

Self martelaar, masochis.
Soutpilaar.

(terug)


T. N. T.
Giftig, gevaarlik, genadeloos
Het ons liefde geblom.
Torings gebou
Brûe gebou
Óns huis gebou
Stewig solied was alles
Perfek was alles.

Al jou planne ontplof
Ons torings verbrokkel,
Ons brûe verbrokkel.
Ons ontplof.
Giftig, gevaarlik, genadeloos
Verbrokkel ek

(terug)


Verbode vrugte
Versoeking flirtasie
Speel - speel verlief
Speel – speel
té ver
nee, nie ver genoeg
nóg verder
nóg verder!

Ver genoeg.

(terug)