![]() |
| Moonblade |
|
1. Net Nog ‘n Wrak!
|
|
Net Nog ‘n Wrak! Ek voel soos ‘n uitgespoelde wrak, stukkend, seer, doelloos. Gaan iemand my ook eendag op die strand optel? MOENIE! Los my daar sodat die son my kan verskroei. Los my sodat die hooggety se golwe my kan insuig en weer uitspoeg, oor en oor en oor, tot daar niks meer van my sal oorbly nie. Ek proe die soutwater op my lippe, dis nie die see-water nie, dis die trane wat oor my wange rol. Hoe hoort ek nie tog maar hier nie! Die donker skaduwees van my pyn en verlange vorm net nog padkaarte in my hart. Weet jy hoe lyk hierdie padkaarte? geen rigting nie, waar is die begin? En waar is die einde? Moenie my daar probeer soek nie, jy gaan in jou hel in verdwaal. Ek is verdwaal, en ek was daar toe dit ingeprent is. Tog voel ek tuis, want dis al wat ek ken. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Moonblade hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |