Monique Coetzee
1. Ademloos



Ademloos
Wat kan 'n hart gebruik
As amulet teen die dodelike pyn
Wat jou ademloos los
En in stilte verdwyn

Moet mens dan balloteer
Vir elke keer wat jy iemand liefkry
En die uitverkorene met 'n uitnodiging
Vra om aan jou eerbaar te bly

Hoe leef jy agter 'n bemantelde hede
Wanneer die verlede jou jag soos wild agter prooi En jy weereens ademloos ingehaal word En dit jou in die donkerte van jou hart neergooi

Is eerste liefde iets wat jou vreet soos kanker En jou ast’ware in 'n donker grot laat Met 'n oordosis morfien Wat jou duidelik opmerkbaar niks baat

Loop jy die persoon raak, flits herinneringe terug Van dae toe jy 'n soldaat was in 'n loopgraaf En jy een van jou vyande geweer teen geweer Vir ure, ademloos, staan en aanstaar

Vergeet jy alle onreg en probeer jy om in jou Swak menslikheid tog ook ordentlik te wees Vind jy jouself op 'n heuwel van ongeluk Waar jy trane stort, en jou stem word hees

Na soveel jare in duistere liefde
Besef jy steeds dis drrrdie liefde wat jou nakend En jou hart steeds blakend – Ademloos laat...

(terug)