![]() |
| Monica Breytenbach |
|
1. Keuses
|
|
Keuses Die oggend breek oor die horison Die voëltjies baljaar, en die brommers brom Is jy 'n voëltjie, vrolik en vry Of is jy 'n brommer, befoeterd verby? Jy kan kies wat jy wil wees Jy is verantwoordelik vir die toestand van jou gees Elke dag is 'n nuwe begin, Elke dag, 'n kans om te besin. Maak jou keuses, maar doen dit reg Daar is glad geen middeweg Wees lief vir mekaar en wys jy gee om Al bly ons in 'n glashuis, weet ons wat kom Seer gaan ons kry, maar opstaan maak ons vry Soms gaan ons wen en soms gaan ons verloor Tel op jou voete die tyd stap aan Voor jy sien, is dit tyd om permanent te gaan. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Monica Breytenbach hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |