![]() |
| Miempie |
|
1. Dag van Terreur 4. Ek wonder soms of jy nog my naam ken
|
|
Dag van Terreur Dag van Terreur Dag van Treur Mense ontmoet vliegtuig in ‘n kantoor Dag van Kwaad Mense vlug te laat Vlamme skroei lewens want die hitte is te eens Dag van Vrae Dag van Bose plae Noodspanne ding binne maar mense verkies spronge Dag van Vrees Mense is traag in gees Konkruid en staal val en ontsnapping is te laat Dag van Waansin Dag van geen Sin World Trade sentrum is begrawe saam families se hoop Dag van Verlies Mense verknies Niemand ken ontmoeting met verlies (terug) Een Skip Een Man Een skip een man Skip van dollars en vonkelwyn Man van gode en beloftes fyn Titanic gebou deur man As die skip net nie perfek was As die man net nie so verwaand was As die skip maar net ‘n gewone was As die man maar net ‘n gewone was Een nag een ysberg Water verdrink gesinne Koue vries almal binne Dalk was die man se woorde te erg As die skip meer redding gehad het As die man meer redding wou gebruik het As die skip maar net die gewone gehad het As die man maar net die gewone geglo het Een ramp een les Niemand is ‘n god Almal is oorgelaat aan noodlot Dis is vir jou eie bes Een man Een skip Een man sê skip kan nie sink Een skip het gesink (terug) Ek wens ek het Ek wens ek het ‘n towerstaf Vir al jou pyn en leed Ek sal al jou trane weg kan toor Sodat jou oë se blink my weer bekoor Ek wens ek het ‘n towerstaf Vir al lief en leed Ek sal jou lief vir altyd kan hou Sodat geen leed jou weer van my weg vou Ek wens ek het ‘n towerstaf Vir al jou hartseer en pyn Ek sal al jou seer kan vernietig Sodat geluk ons weer verenig Ek wens ek het ‘n towerstaf Vir al jou winters dae Ek sal jou koud laat gaan Sodat ons weer saam kyk na die maan Ek wens ek het ‘n towerstaf Maar ek hê teen toe nooit gekry Ek wou jou al my betowering gee Maar jy het my nooit gekies as jou fee (terug) Ek wonder soms of jy nog my naam ken Ek wonders soms of jy my naam nog ken Ek wonder soms of jy my oë se kleur nog sien Ek wonder soms of jy my hand nog kan voel Ek wonder soms of jy my nog liefhet Ek wonder soms of jy my stem kan hoor Ek wonder soms of jy my vrae kan sien Ek wonder soms of jy luister na my hart se seer Ek wonder soms of jy my nog liefhet Ek wonder soms of jy nog hier bly by my Ek wonder soms of jy nog daar is vir my Ek wonder soms waarom jou hart vernietig is Ek wonder soms waarheen jou liefde is Ek wonder soms of jy nog ons liedjie ken Ek wonder soms of ons dalk die verloor kan wen Ek wonder soms of jy my liefde weer sal antwoord Ek wonder soms waar my liefde se huis behoort Ek wonder soms of is die wag die moeite werd Ek wonder soms of ek my liefde terug moet neem Ek wonder soms of jy weet van my stryd se wonder Ek wonder soms of jy weet van my Ek wonder soms hoe ek jou moet groet Ek wonder soms hoe ek van jou weg sal stap Ek wonder soms hoe die vaarwel moet klink Ek wonder soms hoe ek my hart toe sal sluit …Ek wonder soms hoe dit was by jou …Ek wonder soms hoe ek lief ek was vir jou …Ek wonder soms hoe ons verby mekaar geseil het by jou …Ek wonder soms hoe ek van die liefde weg kon vaar by jou (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Miempie hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |