Michelle Nel
1. My Liefste Sus



My Liefste Sus
As ek saans alleen by my venster uitkyk
Na die helder sterre wat oor die donker sprei
Dan vat my gedagtes my ver na n plek
Waar ek weet my suster elke dag wek

Na n plek van kinderdae so lank gelede
Dan hinker my hart weer terug na die verlede
Toe ons nog saam was, en pop kon speel
Toe ons nog saam ons trane kon deel

Daar waar ons ontmoet het elke dag
Waar ons saam gesing het in die donker nag
Toe ons as kinders kon skreeu en baljaar
Daar waar kersfees was elke jaar

As ek saans alleen by myself sit en dink
Aan n sussie wat ver is, dan wil my hart sink
Dan wonder ek soms, of sy lag of huil
Of haar hart ook n plek soek om te skuil

Dink sy aan my net soos ek aan haar
Sit sy en kyk ook na die maan, of staar
En wonder sy ook hoe sou dit wees
As ons saam kon oudword in die vlees

Soos die trane afrol oor my wang
Vrees ek vir tyd wat ons sal vang
Want die oomblikke saam wat ons deel
Word deur kort woorde en drukkies geseel

Dan wonder ek sal ek haar gou weer sien
Met n vrolike voorkoms, en n glimlag bedien
Sal sy ook terug dink, en verlang na haar sus
Wat vir altyd en ewig in haar hartjie is

(terug)