![]() |
| Michelle Hopkins |
|
1. Kind
|
|
Kind Kyk diep in my oe sien ek is 'n kind ek is gelukkig, bewoe waar moet ek my antwoorde vind? ek het vrae oor die lewe ek het vrae oor elke dag mag 'n kind nog droom nog strewe mag 'n kind nog lag? in my hart teken ek 'n prentjie van kind wees en speel en dans maar die lewe breek op my tentjie is daar vir my nog 'n kans? kan mense dan nie sien dat ek 'n kind wil bly ek bly vir altyd sestien ek bly verewig vry? (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Michelle Hopkins hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |