![]() |
| Melt de Kock |
|
1. Somers kom en Somers gaan 7. My Boerevolk Sal Weer Opstaan
|
|
Somers kom en Somers gaan die flikkering in jou oë is betowerend jou sagte hand streel my wang lippe sag en teer omhels my my liefde vir jou is tydloos somers kom en somers gaan ons liefde se grense is tydloos jou gekreukelde hand is sagte in myne jou grys hare is wit en mooi hand aan hand stap ons oor die strand see se bries waai saggies oor die branders jy is nog net so pragtig nou as vyftig jaar gelede voor die kansel elke jaar saam jou is dierbaar elke maand saam jou is ‘n sprokie elke uur saam jou is kosbaar elke sekonde saam jou is liefdevol (terug) Lizzie van Zyl* Vier vier nege twee is jou nuwe naam Kakies het jou volk en jou naam gehaat, verag Daar lê jy alleen, ontbloot in die wêreld se lens Dorre murg van jou been sien ons betraande oë Verraai, verneder, verlate, verhonger Honger pyne deurtrek jou uitgedroogde siel Pyne stil die smart in jou uitgeteerde gees Elke aar en been sou ons kon voel Wangbeen, ribbeen, heupbeen, bo been Wie was jy, ja wie, groot vrou, sterk mens Wie is jy tog, 'n kind, 'n moeder, 'n ouma Van jou geliefdes is jy met smart weggepluk Vol smart, lyding en hartseer alleen gestrewe Uitgeholde oog kaste, bleek yl hare, gedroogde perske ore My hart brand, my siel sien jou lê, jy treur Jou siel brand, jou hart deur Engelse verbrysel O, wie was jy, ja wie, Lizzie van Zyl Vier vier nege twee is jou laaste eer Uitgelewer, uitgeroei, uitgeteer, uitgeskeur *'n vrou wat in die Bloemfontein konsentrasiekamp 1901 gesterf het (terug) Skoenlapper Die gedig word opgedra aan 'n baie spesiale vrou, Maureen Die wêreld het jou verneder tot 'n wurm Jou wese het baie pyn en lyding verduur Jy het jou self verwyt en probeer ontvlug Jy het jou in 'n kokon van jammerte toegespin Maar die lente het aangebreek vir jou Die warm son het jou kokon laat smelt Meteens het jy verskyn, ja die nuwe jy Getooi in rooi, geel, silver en goud Ek staan verstom, ek staar met 'n traan Jy is die aller mooiste skoenlapper Ek sal saggies vertroetel en streel Nou is my brose hart vars en heel (terug) My Lelie van die Dale Jy is die lig op my nuwe horison Warmte bruis vinnig deur my hart Met blye verwagting wil ek jou koester Elke boodskap bring my nuwe inspirasie Elke woord bring my nuutgevonde vreugde Sag en soet vloei jou naam oor my lippe Jy is die skoonste Lelie van die Dale Groen lower beskerm jou eens brose lyf Jy is beklee met glinsterende doudruppels Fyn, sag, teer, asemrowend, geduldig Wit, skoon, rein, onskuldig, liefdevol Jou blommegeur betower en bekoor my Jou nektar is heuning op my dorre tong Jou lippe is strelende sagte wit satyn My woeste hart se klop het nou bedaar Getrou sal ek jou hart ewig bewaar (terug) Tyd se Slaaf Waarheen is die alewige haas? Jy is tog net tyd se klaas. Ons oudste leermeester is net tyd. Ons snelweë is net vol selfverwyt. Waarheen snel ons alewig? Ons mier oral maar nie doelgerig. Sal ons ooit kan rustig raak? Net as die dag ons einde maak. Doelloos snel ons altyd voort. tot ons eindig by die wye poort. Ons tyd wou nooit staan of stol. Dit kom van dat ons deur die lewe mol! Gaan staan stil en kyk waarheen nou. Is jy ook vasgevang in tyd se ysterkou? As jy rustig raak is dit dalk te laat want jy is nou in tyd se doodloopstraat. Jare dit is hoe tyd verdeel was. Jare verminder na maande om ons te pas. Maande het ons in dae afgerond. Nou leef ons elke dag per sekond. (terug) The Why Road The road divides like a big why? Too much unknown dark questions? What? When? Where? Which? Why? What will happen in unsure tomorrow? When will the unexpected occur? Where will the unknown be? Which one will be the right road? Why are there always so many doubts? Must there always be a wrong answer? Life's Y's is it always necessary? (terug) My Boerevolk Sal Weer Opstaan Vervreem, verhonger, verwaarloos, verkrag Vroue is geoffer om die boerevolk te breek Vervreem, verhonger, verwaarloos, vermoor Kinders is geoffer om die boerevolk te breek Vervreem, verhonger, verwaarloos, verdor Plase is geoffer om die boerevolk te breek My gebreekte boerevolk sal weer opstaan Vroue se offer gaan die boerevolk genees Die gebreekte boerevolk sal weer groei Kinders se offer gaan die boerevolk red Die gebreekte volk sal weer sterk word Plase se offer gaan die boerevolk voed Gebreek, geknak, gebrand, geslag Vroue, kinders, plase is vermoor, verkrag Die wonde lê diep gegroef op my boerevolk Twee geslagte onder die kakiemat ingevee O, boerevolk van my, sal jy weer opstaan? O, boerevolk van my, jy sal weer opstaan. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Melt de Kock hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |