![]() |
| Melanie Joubert |
|
1. Spinnerakliefde
|
|
Spinnerakliefde Die donker in my hart raak swaarder vanaand, As die wind die gedagte van jou saam met hom dra. Wonder ek of jou hart swaar weeg vanaand, En of jou trane `n skouer het om op te val. En ek dink te veel, En ek dink te veel aan jou En voel weer die seer van iemand verloor En my hart wil nie verstaan nie Maar elke nuwe son bring sy eie dinge En jy warrel steeds deur my gedagtes Tussen vergarderings en reëlings En my hart bly dieselfde vraag vra Die hoekoms en waaroms Raak verstrengel in spyt en hartseer In `n web waar die vrae uitloop op meer vrae En antwoorde bly deur die gate glip Trane swel op en gaan sit in my keel En gly uit Deur die wete dat dit was is, en dit wat kon wees Jou nie op dieselfde pad gebring het nie En ek dink te veel, En ek dink te veel aan jou En voel weer die seer van iemand verloor En my hart wil nie verstaan nie (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Melanie Joubert hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |